10 000 protesteerders van regoor die VSA, insluitend familie wat geliefdes op 11 September 2001 verloor het, het Sondag die strate van New York ingevaar. Deur hierdie protesaksie wil hulle hul misnoeë met die besluit om ‘n 13-verdieping-moskee op te rig slegs enkele tree van Ground Zero waar 2 751 mense in die naam van Allah deur Moslem-terroriste vermoor is.
Die organiseerders beplan nou om die federale regering te dagvaar om hierdie terrein as ‘n oorloggedenkteken aan te wys.