Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..
‘n Groep, die American Society for Muslim Advancement, beplan ‘n 13-verdiepingtempel ter ere van Islam in die skadu van die wolkekrabbers by Ground Zero. Die openingsdatum vir hierdie tempel word beplan vir 11 September 2011 en die New Yorkse beamptes betrokke, het reeds hiertoe toegestem. Hierdie is ‘n absoluut skokkende besluit – dit is nou politieke korrektheid wat tot die uiterste gevoer word. Wie sou ooit kon dink dat dit hoegenaamd ‘n moontlikheid kan wees dat ‘n simbool van die terroriste, wat vir die ergste terreur teen die V.S.A. verantwoordelik is, se geloof juis hier opgerig sal word?