Joodse Chirurg Ervaar Natuurlike Kuur vir Kanker en vind Hoop in Jesus Christus
25 Jun 2010
Dr. Morris F. Keller belig in sy boek ‘Setting Yourself Apart from the Seeds of Cancer: A Natural Health and Survival Guide’ idees oor hoe om gesond te bly. Dié boek is ‘n verslag van Keller se ervarings en tegnieke hoe om gesonder te word, siektes te voorkom, die liggaam van toksiene te suiwer, immuniteit op te bou en om ‘n gebalanseerde lewe te leef.
Keller was ‘n jong podiatriese chirurg, toe kolon- en pankreaskanker by hom gediagnoseer is. Sy oupa en pa is aan dieselfde siekte oorlede en die prognose het nie goed gelyk nie. Desperaat op soek na hulp teen hierdie doodsvonnis, het Keller natuurlike genesingsmetodes begin bestudeer en gevolg. Volgens die jongste nuusvrystelling het dit gewerk. Binne twee jaar het die kanker verdwyn. Keller het begin om die liggaam se vermoë om optimum gesondheid te waarborg indien dit goed versorg word, te erken. Hy het agtergekom dat die Westerse leefwyse en die huidige nywerheids- en landboukundige praktyke goeie gesondheid verwoes. Die nuusvrystelling sê voorts dat ‘n gebalanseerde leefwyse van kritiese belang is.
“Jou liggaam het die vermoë om self gesond te word indien dit die kans gegun word,” het Keller gesê. “Siekte is bloot die liggaam wat in meer as een sfeer, uit balans is. Daar moet aandag gegee word aan die chemiese, voedingskundige, fisieke, emosionele en geestelike wanbalanse.” Hoewel Keller as Jood gebore en grootgemaak is, het sy soeke na gesondheid hom voortdurend terug na God gebring.
In sy soeke het hy sy Skepper ontmoet en hy het nuwe rigting en doel in sy lewe in Jesus Christus gevind. Hy het ook ‘n nuwe passie in sy lewe – hy dien God deur ander oor ‘n gesonde leefwyse in te lig. Alle outeursgelde van sy boek word aan sendingorganisasies geskenk.