Joodse Chirurg Ervaar Natuurlike Kuur vir Kanker en vind Hoop in Jesus Christus
25 Jun 2010
Dr. Morris F. Keller belig in sy boek 'Setting Yourself Apart from the Seeds of Cancer: A Natural Health and Survival Guide' idees oor hoe om gesond te bly. Dié boek is 'n verslag van Keller se ervarings en tegnieke hoe om gesonder te word, siektes te voorkom, die liggaam van toksiene te suiwer, immuniteit op te bou en om 'n gebalanseerde lewe te leef.
'n Groep, die American Society for Muslim Advancement, beplan 'n 13-verdiepingtempel ter ere van Islam in die skadu van die wolkekrabbers by Ground Zero. Die openingsdatum vir hierdie tempel word beplan vir 11 September 2011 en die New Yorkse beamptes betrokke, het reeds hiertoe toegestem. Hierdie is 'n absoluut skokkende besluit – dit is nou politieke korrektheid wat tot die uiterste gevoer ...
10 000 protesteerders van regoor die VSA, insluitend familie wat geliefdes op 11 September 2001 verloor het, het Sondag die strate van New York ingevaar. Deur hierdie protesaksie wil hulle hul misnoeë met die besluit om 'n 13-verdieping-moskee op te rig slegs enkele tree van Ground Zero waar 2 751 mense in die naam van Allah deur Moslem-terroriste vermoor is.
Christene Reg Vir Wereldbeker Om Sokkergeesdriftiges Te Evangeliseer
7 Jun 2010
Christene van regoor die wêreld is gereed om die Evangelie met derduisende sokkergeesdriftiges wat die grootste sportgebeurtenis van die maand gaan bywoon, te deel.
Die Messiaanse evangelis, Sid Roth, glo dat herlewing onder Joodse gemeenskappe in die V.S.A. aan die uitbreek is. Hy het onlangs reeds duisende Amerikaanse Jode hul geloof in Jesus sien bely.
Dit het hoofsaaklik gedurende evangelisasiesaamtrekke in New York en Kalifornië plaasgevind. Bykans 400 Russiese Jode het verlede somer 'n evangelisasiesaamtrek in Brighton Beach bygewoon. Mense, o.a ...
'n World Vision-kantoor is onlangs in Pakistan deur gewapende mans aangeval en 5 personeellede het in die aanval gesterf. Volgens hierdie internasionale humanitêre organisasie was die aanval sonder oorsaak. Volgens The Times is geen dreigemente deur die organisasie ontvang nie en het 15 militante van handgranate gebruik gemaak en met masjiengewere op die kantoor losgebrand. Mohammmad Sajid, ...
'n Oproep van tot alle Christene in Suid-Afrika om in gebed te verenig vir ons nasie in hierdie moeilike tyd.
12 Apr 2010
In tye van nood is dit baie belangrik dat die Liggaam van Christus opstaan vir die Koninkryk van God. Die Koninkryk van God opereer op die basis van die Woord van God as die absolute waarheid. Daarom bepaal Bybelse beginsels ons gedrag en optrede ten opsigte van elke probleem wat ons in die gesig staar. Die Woord van die Here is baie duidelik in tye van konflik:
Texas-Megakerk Gee Motors En Tv's Weg Tydens Paasdienste
6 Apr 2010
16 Motors, 15 platskermtelevisies, meubels en nog ander pryse was deel van die groot aantal pryse wat deur enigeen wat die Paasdienste by Bay Area Fellowship Church bygewoon het , opgeëis kon word.
JUIG! het by Angus Buchan aangeklop en hier op die vooraand van die 2010 Mighty Men-konferensie 'n paar vrae aan hom gestel.
Op Shalom maak ons gereed vir die laaste Mighty Men-konferensie (MMC), konferensie nommer 7! Ons glo dat die getal sewe 'n baie beduidende een in God se getallestelsel is. In die Bybel is 7 die getal wat Goddelike volheid, geestelike perfeksie en voltooidheid simboliseer ...
Alle skakels na die Kletskerk (sien Desember-uitgawe van JUIG!) is van die NG Kerk se webwerf verwyder nadat vele klagtes ontvang is oor die onsmaaklikhede en kru taal wat op dié internetgespreksforum verskyn het. 'n Redaksielid van die Kerkbode, Jean Oosthuizen, bedryf dié gespreksforum in sy private hoedanigheid. In die forum kan Christene sowel as ateïste eerlik met mekaar gesels ...