Op ʼn dag in Sy lang geskiedenis Het God Sy mens beplan; En het Sy mens bemin Van die minuut van ingewing af Deur al die miljoene en miljoene Bloeiende en kwynende millenia, bemin hom steeds mennend vandag, bewaak nag en dag agterdogtig Sy lieflingsgewrog, en tot grondstof vervloek is dié en is dít wat Raka sê vir die mens van God.