Het jy geweet die Kruis het verander in die Kroon en dat Sy kinders by Hom woon?
Die Goeie Wedloop van Geloof sal ons volhard in hierdie wedloop en Hoop? Die aflosstokkie van Geloof aangee en steeds voortbeweeg met uitgestrekte tree?
In die Goeie Wedloop die tyd uitkoop? Met dié gedagte versoen sodat elkeen kan meedoen wêreldwyd aan hierdie wedstryd?
Díé stryd: 'n vaste vertroue in die onsienlike die onverdienlike Gawe van Geloof Lees maar sommer self Hebreërs hoofstuk elf.
Op krukke of dalk sonder been onthou - Jesus het dit vir jóú gedoen en so het Hy die mens met Sy Vader versoen.
Die stryd is 'n vaste vertroue in die onsienlike díé dinge wat ons hoop die onverdienlike Gawe van Geloof.
Sonder Geloof kan jy God nooit behaag daarsonder is jy stram en traag Jesus het belowe die Heilige Gees vir ons te laat Sy krag wat Hy van ons Vader vir ons nalaat.