Vertrou jou lewe aan die Here toe. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.

Ps 37: 5.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


21 Sep 2010  

Ek beur teen die wind
Wat so woes teen my slaan;
Ek sukkel die opdraande uit;
Daar’s niks van my krag
Wat nou nog bestaan,
Net my wil en my vaste besluit.
Nie weg van die storm
Al vlugtend na skut
Soos ‘n lafaard al duikend na skerm,
Maar juis op die pad
Waar weerstand my vat,
Daar word ek in konteks beskerm –
Want ek hoor net Sy stem
Al roepend na my
Om in waarheid en egtheid te leef,
En al het ek gefaal,
En al dikwels verdwaal
Dis Hy wat ek helend beleef.

deur Dr Peter Schoonraad

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication