Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U Woord is die waarheid.

Joh. 17:17.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


21 Jul 2011  

Wat vat dit om sterk te wees
En my kop heeltyd hoog te hou
Om so diep in die donker te wees
En steeds positiewe denke te behou?
 
Wat vat dit om nie te breek nie
Nie inmekaar te sak en te huil nie
Om die wê reld in die oë  te kyk en lag
Opstaan met ‘n glimlag elke dag?
 
Wat  vat dit om al die trane te onderdruk
Elke aand te bid nie vir geld nie, maar geluk
Om ‘n goeie mens te wees vir ander
Om nie te verdrink in die volgende brander?
 
Wat vat dit om my geloof te hou
Om mense om my nog te vertrou
Om te keer dat my hart nie breek nie
Die lewe my nie verneuk nie?
 
Wat vat dit om myself te bly
Om nuwe krag en moed te kry
Wat vat dit om die bitter te verteer
’n  les uit elke hoofstuk te leer?
 
Wat vat dit om vir hulp te vra
Om my trots nie op my rug te dra
Om te weet dat  ek nie alleen is nie
Die wêreld se probleme nie op my rus nie?
 
Wat vat dit om  dankbaar te wees vir wat ek het
Om myself  uit die tornado van depressie te red
Elke dag net my beste te probeer.
Verloor altyd maar  ek probeer maar net weer…

deur Samanta Roos

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication