Dit veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgele word nie.

2 Pet. 1:20.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


21 Jul 2011  

Dis stil.  Dis nag.  Luister!
Hoor die asemhaling van die nag.
Luister!
 n Motor se gedreun.
Luister!
n Hond se geblaf,
n huis geplunder,
wat maak dit saak.
Luister!  Dis nag.
n Baba huil, weggegooi in n drom
n moord gepleeg,
wie gee om.
Sirene's skreeu,
Word wakker.  Word wakker.
Maar dis nag. Luister!
n Oupa huil, die pyn te veel
n Ouma huil, geen kind of kraai.
Luister na jou asemhaling o nag,
die pa gedrink, slaan sy vrou
kinders huil as houe weerklink.
Hoor jy nag, hoor jy?
n Prostituut wag alleen en dan
n meisie verkrag
wie gaan haar glo.
n Jongman verval in dwelms se mag
o nag, is dit hoe jy asemhaal?
Die enkelma roep om hulp
honger magies roep om kos.
Wat nag gaan jy doen?
God kyk af.  Hy sien.  Hy huil.
Hoe kon jy nag?
God ween as Hy luister,
na die asemhaling van die nag.

deur Ina Erasmus

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication