Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.

Eksodus 20:1

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


21 Jul 2011  

JY KAN OPSTAAN

Jy kan opstaan; al het jou hart in stukke geskeur
Jy kan opstaan; al sit jy op moedverloor se vlaktes
Luister, Ek klop nog steeds aan jou hart se deur
Luister, Ek is Jesus. Ek is wat Ek is
Jy kan opstaan; al het die sonde jou lewe verwoes
Bekeer jou, want Ek wil jou met my liefde knoes

Jy kan opstaan; al voel jy in ellende weggesink
Jy kan opstaan; al het die storms jou lewe verwoes
Jy kan opstaan, want daar is ’n Nuwe Toekoms wat blink
Sake verander wanneer jy voor My kniel
Jy kan opstaan; al sit jy met baie seer en pyn
My son van geregtigheid wil oor jou kom skyn

Jy kan opstaan; al is daar kommer
Jy kan opstaan; al is daar teleurstellings en twyfel
Aanvaar My vandag as jou Redder
Ek maak al daardie storms stil
Jy kan opstaan; al is jou lewe geestelik geskroei
Bekeer jou, want My Gees wil deur jou lewe vloei

Jy kan opstaan; jy kan dit sommer nou  doen
Ja, jy’t al getop – wat sal van my word?
Ek wil jou red, jou sonde met My liefde versoen
Op Golgota is My bloed vir jou gestort
Jy kan opstaan; al voel jy sleg en plat geslaan
Bekeer jou, Ek neem nog sondaars aan!

deur Malan Cronjé

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication