As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou genesing sal spoedig herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm.

Jes 58:8.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


9 Feb 2012  

Die Here is vir my.

Die Here is my vrede. Hy is my Rots. My God is die begin van alles en die einde van alles.
Die Here is my stilte. Hy is my fluister. My God hou my naby aan Hom en sit my eenkant.
Die Here is my skreeu. Hy is my stem. My God is die vreugde in my dans en die lied op my lippe.
Die Here is my troos. Hy is my hart. My God vee trane af en kan ‘n pleister op die grootse sny plak.

Jesus my Koning van die konings, hoe beskryf ek jou met opgewondenheid sonder ‘n bewe in my stem? Hoe vertel ek mense van Jou sonder trane in my oë? Jy het immers my lewe gered en veel meer... Jyt my lief soos niks anders in die skepping nie. My Here jy is vir my, wie kan teen my wees?

Die Here is my lag. Hy is my glimlag. My God kan vreugde en omgee laat uit borrel in ‘n donker gat.
Die Here is my liefde. Hy is my sag. My God kan my hart laat smelt vir die naarste gesig, ek weet dis Hy.
Die Here is my hoop. Hy is my wag. My God kan maande is minute verander en als doen wat Hy sê!
Die Here is my sterk. Hy is my mag. My God op wie ek wag, want ek kry nuwe krag.

Jesus my Koning van die konings, Jy is waardig! My God se Lam. Die Prins van vrede en die hartklop van Sy mensdom. My Here mag my lewe vir jou net vreugde bring en ek dien soos U my lei! Mag ek doen wat Jy sê en wat Jy wil.

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication