Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


12 Mar 2012  

AAN MY KIND…

Ek mis jou
met die opkoms van die son in die more
Ek mis jou
wanneer die hitte dans in die dag se helder lig
Ek mis jou
wanneer die aandbries hom om my skouers kom vou!

Die trane vloei in die binne van my oog,
daar waar ek dit wegpak en bêre vir die wêreld daarbuite.
Dis altyd lag, gesels en vrolik wees,
-    maar binne is die seer hees!

Jou glimlag
die oggendlied van my dag!
Die sag van jou vel
herrinner my aan die teerheid van jou hart,
die broosheid van jou siel!

Niemand sal jou plek ooit kan vul –
Jy is, en sal altyd wees:
die spil van my bestaan.

Al raak ek soms opstandig,
Of sommer kwaad,
Weet dit my kind:
Jy bly die bloed wat in my vloei,
die ritme wat my hart laat klop,
en die lug wat my longe vul!

Die toekoms, kan niemand vertel
Maar ek bid vandag, en vra God:
Dat ek altyd vir jou daar kan wees!

               
Liefde,
Mamma (25 Sept 2010)

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication