Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


18 Oct 2012  

Vroee oggendure half wakend,

In stille oggendstond,

Reik my moederhart uit na jou,

 

Ons onsigbare band hou ons aanmekaar vasgeketting, My siel reik uit na jou, En in geestestand voel ek jou aanraking en jou liefde,

 

Verlange het soos kanker in my hart vasgegroei, Die pyn al n groot deel van my menswees, Gedagtes van gister ingeprent in my geheue soos ou fotos teen n muur,

 

In drome stap ons hand aan hand,

Ek kan uitreik en aan jou vat,

Jou teen jou moeders boesem vasdruk,

In drome kan ek jou troos,

Vir jou vertel dat alles onder beheer is, Dat God oor jou waak,

 

In soete drome glimlag jou oe,

Jy skaterlag soos ouds,

Kinderlike onskuld nog sigbaar en geen teken van pyn en verlange,

 

In werklikheid en in drome,

Is my moederliefde n sekerheid,

Ons is aanmekaar gebind,

Jy is deel van my,

En geen bose krag kan dit vernietig nie,

 

Jy is myne en ek is joune....altyd.

Bernadette De Toit

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication