Maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig. En hierdie Woord is die Evangelie wat aan julle verkondig is.

1 Pet. 1:25.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


15 Jan 2013  

Ek is verlief op musiek,
Ek is verlief op die son,die wind, die sterre,
Ek is verlief op die maan,
Veral as hy soos 'n groot blink skyfie in die naghemel hang,

Ek is verlief op die stad se gegons,
Op die naglewe se reënboog liggies,
Ek is verlief op die lewe se ritme,
Wanneer hy ligvoet op ons hartklop dans,

Ek is verlief op die prag van die blou hemel,
Ek is verlief op die sang van 'n kind se lag,
Op groen gras, 'n warm somersdag,
'n Moeder se liefde so teer en sag,

Ek is verlief op die skoonheid van natuur,
'n Warm kaggelvuur,
Ek is verlief op die misterie van 'n mens se hart,
Ek is verlief op die omwenteling van liefde in alle vorm en kleur,
Veral as dit jou bekruip en jou lewenspad in 'n rigting stuur,

Op my knieë in gebed,
Is ek verlief op hoe wonderlik God ons red,
Hy het gesterf vir skare,

Is ek verlief op my geloof,
En buig ek my hoof,
Sela.

Bernadette Du Toit

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication