Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?

1 Korintiers 4:7

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


4 Jun 2013  

Ek lees die belangrikste boek ooit
maar tog besef ek dit eers nooit.
Vir al my hartseer, traan en pyn
kan die boek se Hero dit als laat verdwyn.

Met so baie stories wat die boek my leer
hoe om, die deurmekaar wêreld te hanteer.
Om dinge vir myself makliker te maak
as alles om my net te veel raak.

Om tot God te bid is wat die boek sê
so al my probleme voor Hom neer te lê.
Al wil my voete op nat rotse gly
weet ek, Hy is altyd daar vir my.

Ek lees steeds die belangrike boek
veral as my siel na antwoorde soek.
As my hele wêreld om gekeer is
en ek bietjie rus en vrede mis.

Sal ek Hom met my hele hart vertrou
dis hoe ek nooit, my lewe sal berou.
U bly altyd ’n hero vir my
in U eer, sal ek ewig staande bly.

Tanya Bosch

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication