Jesus het daarop gereageer: Ek verseker jou, as iemand nie van bo (opnuut)gebore word nie, kan Hy die Koninkryk van God nie sien nie.
Joh 3:3.
Ek seën U soos U my seën,
nie soos U nie, nee; tog seën ek U:
‘n Glinstervliegie kleiner as ‘n komma
kom sit vertrouend op my hand
en begin sy persoon versorg, en ek gevlei
durf my skaars roer: soos hý so tuis
vermetel tuis is ek in U:
O Onveranderlike, Oneindigende,
Onbeginnende Woord deur Wie ‘n klein
verrukte vuilerige kommatjie flits.
-Sheila Cussons
Back
Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes | Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia