Aansteeklik skaterlag sy – uit haar maag laat geen donker wolke aan haar binneste knaag Van laslappies het sy die mooiste rokkies gemaak hemde en broeke – geen moeilike taak Niks staan vir haar hande verkeerd, koekbak, konfyt, inlê – al had ons dit nie baie breed Brei, hekel, skilder, musiek maak en sing... Ek hoor nog in my herhinneringe die lied – “sing me the song that tells of Jesus” ... Suiwer genotvolle klanke in duet aangebied stemme wat saamsmelt – sal jou siel en ore kus.
'n Plan kon sy altyd maak, in enige aksie, skoolwerk of saak. Skemeraande op die gras – n wawiel – skaterlag – heel uit haar kas. Streng en soms sommer lekker kwaai veral met die seuns se kattemaai Vanaf kleintyd het sy ons alles geleer ... kosmaak, naaldwerk – niks kon haar keer. Ons was al groot en uit die huis toe die lewe haar slaan met die vuis “Vergewe en vergeet”, sing Nicolas Louw haar humor, haar lag het sy steeds behou Regte dame – grimering en naels gekleur hare opgetof – opgemaak – gegeur So kan ek my Ma onthou! Volkome mens – volkome vrou
Nou in die gryse ouderdom doen sy alles steeds andersom Haartjies kleur sy speelse rooi, altyd netjies – agtermekaar getooi. Vol durf, moed en daad ... na ‘n groot operasie haar liggaam skaad... bly haar gees n heel ander saak. Vol stories oor haar familie en verlede reël sy uitstappies vir bejaardes vol pret in die hede My Ma – ikoon in eie reg ek gee hierdie ruiker aan u weg terwyl u dit self nog kan hoor en in u eie herhinneringe stoor n Beter Ma was daar nie vir ons – gewis Die spore wat u vir ons nalaat Kan ons verseker elkeen by baat.