Met dankbaarheid wil ek voor U neerval. O Heer,
En my trane op U voete sal ek nie keer.
Met my hare sal ek dit afdroog en U lof besing
Vir die vreugde wat U in my lewe bring.
Daar is geen manier dat ek dit ooit kon verdien
Dat U my oë geopen het om U lig te sien.
Here, dis net deur U oneindige GROOT GENADE vir my
Dat U vir my ook ‘n plek in U hemel voorberei.
Om eendag U woorde te hoor: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg”
Omdat jy op aarde gekies het om My te volg op My Weg.
Dis iets Heer wat ek so graag van U sal begeer
Dat U sê: “Gaan in in die vreugde van jou Heer!”
Dan wil ek huil in my hart as ek dink, Heer
Aan hul wat doelbewus hul rug op U keer.
Dat hul dalk sal hoor dat U sê: “Gaan weg van My”
En dat hulle nooit weer nog ‘n kans sal kan kry.
Nog meer tragies is hul wie Satan verblind
Wat dink dat hul met goeie werke U Lewe sal vind.
Maar dat hul ook voor U sal moet staan
En hoor dat hul nie in U Koninkryk mag gaan.
“Here, Here” sal baie uitroep op daardie dag,
“Ons het dan in U Naam soveel vermag!
In U Naam duiwels uitgedrywe, in U Naam geprofeteer,
In U Naam wonderwerke gedoen en ander van U geleer”
“Het ons dan nie U boodskap vir mense gebring
Was gereeld in die kerk en jare in die kerkkoor gesing?
Ek was dan ‘n teoloog wat gedink het my standpunt is reg
Oor die nuwe denke oor U Woord en ‘n ander weg!”
Ook hul sal hoor: “Ek het jul nooit geken nie. Gaan weg van My!
Gaan na die ewige vuur vir die duiwel en sy engele berei!”
Net hul wat My Wil gedoen het, kan die Lewe verkry,
Hul wat goed aan ander gedoen het, het dit gedoen ook aan My.”
Here, ek bid dat U my styf aan U Woord en U Woord sal vashou,
Dat ek die wedloop sal loop tot die end aan U getrou.
Soos die loot aan die wingerdstok wil ek aan U verbind wees
Om vrug te dra en U te verheerlik deur die krag van U Gees.
|