As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou genesing sal spoedig herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm.
Hoeveel Makliker Is Dit, Om In ‘n GROOT God Te Glo! - Psalm 22
28 Oct 2009
Het jy geweet Geloof kom na Loof? Ek wed jou jy’t gedink dis andersom
Ek het gesteier onder die vrag van elke dag die beeste-van-Basan probeer ontwyk Gesug oor die kurksmaak, die uitsiglose vaalheid van net-maar-bestaan Ek het magteloos geroep gevangene in hier-en-nou
Padwyser in ‘n doolhof Kom wys die rigting aan: Iemand praat met ondervinding Die oplossing so eenvoudig -
Loof God Net dit Vir Wie Hy is Vir wat Hy kan
Ten spyte van Basan Of juis as gevolg daarvan
Hy leer dat God geniet nietige lofsange van simpel ek en jy Dat HY daarin kom woon!
Dan doen Hy iets En verandering kom As nie om jou nie Dan binne-in
O duisendmaal dankie Vir ‘n voorskrif Wat selfs ekke In al my eenvoud Ook kan regkry!
Nie hoë berge klim - van klip of van geloof - nie Nie moeilike voorskrifte Met lang instruksies nie
U vra eenvoudig Net maar doen wat vanself sou kom Net maar Hom loof Wat reeds lofwaardig is
Net maar Hom dank Van Wie ek alles kry Net maar Hom grootmaak Wat dit reeds is
En die wonder gebeur My oog kyk op En ek sien die glorie Die almag en die lig
En die golwe word kleiner En die water onder my voete vaster En ek vind: ek loop Die stormsee ten spyt
Dan het ek al die tyd tog geloof gehad Ek wat so sukkel om te glo Dan moet ek loof Ek kan nie anders nie