Jou mishoring stem in vroegoggend klink van ‘n dag vol velde en hardloop en wees van blikkies en stokke en goeters wat blink van saans kinderlag in die bad en stilskemer se stories lees
As jy hande vuil kneukeltjies om my werkdag-moeë vingers vou Skryf ek woorde in my hart, in jou kastele op die wolke My wêreld stop hier by jou in ‘n tydlose oomblik van hartseer en vreugde woorde onnoembaar in tale sonder hartstolke
My Seun, My Seun Ek wonder wat jy in my sien as jou ogies ophelder vraend Wat jy so diep in my hart voel as jy lê in die hol van my arm vanaand
My Seun, Joshua, My Seun Ek wonder of jy van my weet as ek saggies na jou kyk waar jy lê in die donkermaan se lig Ek wonder of jou skerp oortjies hoor as ek soene op jou wange fluister ‘n seën uitspreek oor jou gesig
Vir jou wil ek seën met elke wens wat jy vir my vervul Seën met elke emosie wat jou stil armpies om my nek uit my moeë hart wrig