Ek skaam my nie vir die Evangelie van Christus nie,want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood..

Rom. 1:16

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief

Gedig Van Die Dag

Leef voluit elke dag wat God aan jou gee

Ek gaan slaap in die aand met God in my kop,
In die oggend staan ek saam met Hom op
In die dag stap Hy saam sonder om te kla
Waar ek nie kan loop, sal Hy my dra.

Al my vrese en behoeftes ken Hy so goed
As ek val, en nie wil opstaan, gee Hy my moed
As ek bly is en lag, jubel Hy saam met my
As ek hartseer en bevange is, troos Hy my

Deur al die seisoene - in winter tot somer
In die dag en die nag - al is ek 'n dromer
Gee Hy die pas aan wat ek moet loop
Al voel ek soms ook heeltemal gestroop

Hy is die Alfa, die Omega, die Spil waarom alles draai
In die donker, sal Hy my na die lig toe laat draai
Hy beskerm ons en vou ons toe in Sy hande
Hy vra nie jou taal, God bly groot in alle lande

Ons vra en ons smeek vir hulp en vir raad
Vir vrede en gesondheid en ook die regte maat
Maar gesels ons met God in voorspoed en geluk
Of is Hy net die noodlyn wat ons so gerieflik pluk?

Leef voluit elke dag wat God aan jou gee
Bly op jou knieë waar Hy jou krag kan gee
Leef so jou drome vir almal om te sien
Wie jy is, en watter God jy dien.


My Ma
11 Aug 2009

deur Cora du Plooy

Lees Meer


Komma
6 Aug 2009

deur Sheila Cussons

Lees Meer


Genade
4 Sep 2009

deur Rita de Villiers

Lees Meer


Klein ballade
9 Sep 2009

deur Sheila Cussons

Lees Meer


Hoeveel Makliker Is Dit, Om In 'n GROOT God Te Glo! - Psalm 22
28 Oct 2009

deur Anne de Vos

Lees Meer


Josh
3 Nov 2009

deur Peter du Preez

Lees Meer


Die mens van God
28 Jan 2010

deur Ina Rousseau

Lees Meer


Jesus die Voleinder van Geloof
28 Jan 2010

Sally Desiré du Plessis

Lees Meer


GOLGOTHA
5 Feb 2010

Die lot van Jesus
Die Seun van God

Jesus, kon Jy nie maar ´n toorwoord sê
sonder om Jouself so in pyn te hê?

My liewe kind, jy sal jou sonde aan My bebloede hande vind.
Aan die kruis die moes Ek sterf
sodat satan jou nie kan werf.

My wonde is lankal toegegroei
so My kind moenie jou daaroor bemoei.

Liewe Jesus maar was ...

Lees Meer


Loslit-riel!
11 Mar 2010

deur Liza Groenewald

Lees Meer

    1 - 10 of 21 next >>  
Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication