U Woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.

Ps. 119:89.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure
Kompetisies
Gratis Nuusbrief

Indien jy artikels vir publikasie in JUIG! wil voorlê, is dit uiters noodsaaklik dat jy ons tydskrif asook ons visie en ons waardes moet ken. ‘n Oppervlakkige deurblaai van die tydskrif is nie voldoende nie. Neem asseblief kennis dat slegs intekenaars se bydraes oorweeg sal word. Bestudeer die tydskrif en die onderskeie artikels en ontdek self wat die elemente is wat ons dikwels gebruik.

Vermy asseblief die volgende: leringsartikels, onderhoude, preke, poësie of fiksie. Ons is egter altyd op soek na persoonlike getuienisse oor genesing of wonderwerke. Hierdie getuienisse moet egter baie goed nagevors en goed vertel word. Genesings moet ook deur mediese getuienisse geboekstaaf word.

Ons is ook op soek na stories oor verskillende Christen-persoonlikhede wat effektiewe Christenlewens lei. Ons verwelkom ook nuusstories – feite en aanhalings moet egter geverifieer wees. JUIG! behou die reg voor om enige artikel/inhoud van ‘n artikel  te redigeer of ruimte aan te pas na goeddunke.Ons het kopiereg op alle artikels wat in JUIG! gepubliseer word en dit mag dus nie sonder ons toestemming gereproduseer word nie. Die outeur mag ook nie dieselfde storie in enige ander publikasie publiseer sonder JUIG! se toestemming nie. Alle artikels wat in JUIG! verskyn, mag vertaal en herdruk word vir ons susterstydskrif . Ons behou die reg voor om dit te doen sonder die vooraf toestemming van die outeur in die geval waar ons hom/haar nie in die hande kan kry nie.

Alle voorleggings moet per e-pos gedoen word aan: info@juig.co.za. Vergoeding word nie gewaarborg nie, ons vergoed slegs onder sekere omstandighede.

OM JOU STORIE TE PUBLISEER, MOET JY ‘N INTEKENAAR WEES.

 

 

Stylgids vir Medewerkers


WOORDTAL

1 blad = 650 woorde
1 1/2 blad = 850 woorde
2 blad = 1300 woorde


LETTERTIPE

Arial 12pt


UITLEGSTYL

* Moenie teks 'BOLD, ITALICISE' (behalwe in geval van Skrifverwysings) of 'UNDERLINE' nie.
* Punte en dubbelpunte moet gevolg word deur ENKELSPASIERING en nie dubbelspasiering nie.


TAAL

Ons gebruik Standaardafrikaans (vermy gonstaal)


SKRIFVERWYSINGS

Gebruik kursief vir alle Skrifverwysings.


VERWYSING NA GOD

In gewone teks word voorname soos Hy, Homself, Hom, ens met hoofletters geskryf indien dit na God van die Bybel of die Heilige Gees of een van die Goddelike Drie-eenheid verwys.

'Naam', 'Skrif' en 'Woord' word ook met hoofletters geskryf indien dit na God se Naam en God se Woord verwys. Dit word ook so gebruik indien die besitlike voornaamwoord gebruik word, bv. "Sy Naam, Sy Woord. Ander woorde, soos koninkryk, skepping, soewereine, word nie met hoofletters geskryf nie.

'Kerk' word net met 'n hoofletter geskryf as dit na die groter, algemene Kerk van Christus verwys, andersins word dit met kleinletters geskryf.

 


ALGEMEEN

Getalle van een tot tien word voluit geskryf. Van elf af word syfers gebruik, tensy die getal na 'n bree term verwys, soos bv. "...'n duisend jaar..." "'n miljoen engele..."

Wanneer getalle minder en meer as tien egter direk na mekaar of naby mekaar gebruik word, is dit verkieslik dat syfers gebruik word - bv. "...tussen 8 en 12 jaar..."


VOORLE VAN ARTIKELS

E-pos artikels aan: info@juig.co.za in MS Word-formaat en sperdatum soos hieronder aangedui.


SPERDATUMS VIR ARTIKELS

Mei/Junie Uitgawe Sept/Okt Uitgawe Desember Uitgawe Februarie Uitgawe 2010
NA 11 Junie 23 September 3 Desember
Jul/Augustus Uitgawe November Uitgawe Januarie Uitgawe 2010 Maart Uitgawe 2010
9 April 6 Augustus 22 Oktober NA




Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid | Grafiese Ontwerp en Webontwerp deur Kimia

English? Click here for our sister publication