Vertrou jou lewe aan die Here toe. Vertrou Hom en Hy sal vir jou sorg.

Ps 37: 5.

Briewe
Gedigte
Vra vir Val
Stemmings
Skrywersriglyne
Sosiale Netwerk
Gebeure & Konferensies
Kompetisies
Gratis Nuusbrief


15 Jul 2019  

Ek skryf om my frustrasie as ouer te lug. Ek het onlangs ’n gewilde skryfbehoefte winkel besoek om boeke vir my 11-jarige 

dogtertjie te koop. Ek was geskok om te sien dat van hulle produkte vulgêre en aanstootlike woorde en vloekwoorde op het. Van die prente was ook twyfelagtig. As ’n verantwoordelike burger, kan ek nie net terugstaan en dit aanvaar nie. Ek wil graag glo dat ons ’n grootliks Christelike nasie is, met morele waardes. Hoe kan ons hierdie winkels toelaat om sulke woorde te vertoon? Ouers, wat sê ons? As ons swyg, beteken dit dat dit aanvaarbaar is om hierdie taal aan ons beïnvloedbare kinders te vertoon. As ouers is dit ons plig om ons kinders te beskerm.

Ek het die winkel se kliëntediens gebel en ’n klag gelê. Ek het ’n e-pos ontvang wat lui: “Al ons produkte is ontwerp vir ons teikenkliënte tussen 18-35. Omdat hulle van hierdie tipe produkte hou, versoek hulle ons voortdurend vir nog soortgelyke produkte. Aangesien die meeste van ons self ouers is, het ons begrip vir jou besorgdheid en waardeer die feit dat ons winkel ook gewild is onder jonger kinders. Met dit in gedagte, behoort hierdie spesifieke items sensuur-plakkers op te hê om die woorde te bedek.”

Dus is dit aanvaarbaar om bloot ’n goue sterretjie op ’n vokaal of twee te plak, maar steeds voort te gaan om vulgêre woorde te vertoon! Hoekom het hierdie winkel nie ’n waarskuwing in groot, vet letters nie: “Betree die winkel op eie risiko – Produkte is gemik op mense van 18-35 en bevat vulgêre taal.” Dan sou ek nie daar ingestap het nie. Welkom by die afbreek van ons jongmense se sedes. Raai wat? Ons is skuldig omdat ons swyg en dit toelaat! Kan die Suid-Afrikaanse Raad vir Advertensiestandaarde of enige ander organisasie nie saam met ons standpunt inneem en verhoed dat hierdie onsin in Suid-Afrikaanse winkels verkoop word nie? Van ’n vurige ouer wat bereid is om ons kinders te beskerm.

Dheshnie Raman

Back

Tel: +27 (0)21 852 4061 Faks: +27 (0)21 852 5781 Epos: info@juig.co.za

Tuisblad | Oor ons | Nuutste Uitgawe | Vorige Uitgawes | Adverteer | Advertensiegids | Inteken | Gedigte | Briewe | Sosiale Netwerk | Stemmings | Kompetisies | Gebeure | Nuus | FAQs | Skakel Ons | Terme en Voorwaardes |
Privaatheidsbeleid

English? Click here for our sister publication